Oor Afrikana

Afrikana | Afrikaanse woorde op dekor | Afrikaanse gesegdes op dekor | Afrikaanse Dekor

 Afrikana – goed wat Afrikaans praat

 Die Webwerf

 Afrikana is ‘n aanlynwinkel gewy aan mooimaakgoed wat die Afrikaanse taal en kultuur vier. Soos baie van die vroue- gedrewe klein besighede wat die afgelope paar jaar ontstaan het, het Afrikana begin met ‘n idee, ‘n gesprek om ‘n etenstafel en ‘n hart vol hoop en deursettingsvermoë. Adri het in 2013 aan die werwerf begin werk, dit het ‘n hele paar maande se baie harde werk, ‘n aantal amper-opgee oomblikke gekos maar die Afrikana webwerf droom het tog waar geword.

Soos baie dinge in die lewe het ‘n mens partykeer hulp nodig, en in 2015 het Sunette betrokke geraak by Afrikana, aangesien Adri druk besig was met verdere studies en daar ‘n pienkvoet oppad was.

En weereens het nog ‘n droom waar geword, want Sunette, ‘n tuisbly mamma wat se kreatiewe hande gejuk het om iets te doen, kon nie wag om aan die werk te spring nie!

Dis heerlik om deel te wees van hierdie trotse webtuiste, ons het gereelde kreatiewe koffie-drink vergaderings. Dis juis so tussen die koffie wat die Kleinding reeks ook gebore is in 2015.

Die hoop is dat ons sal aanhou groei as ‘n platform vir entrepreneurs en kunstenaars van alle ouderdomme en agtergrond om hulle “Afrikaans-sprekende” produkte bekend te stel en te verkoop – en sodoende ook ander vroue-gedrewe en tuisbesighede te help ontwikkel. So, as jy of iemand wat jy ken wil deel word van die Afrikana “familie”, kontak ons gerus –ons raak baie opgewonde oor nuwe kreatiewe “Afrikaans – sprekende” produkte.

Die Handelsmerke

Hand-aan-hand met die ontwikkeling van die webwerf, het Adri ook Afrikana se eie dekor-reeks op die been gebring. Adri se kreatiewe “uitlaatpyp” tussen al die admin van ‘n aanlynwinkel tot stand te bring en bestuur, is die Afrikana reeks een wat fokus daarop om onweerstaanbare produkte te skep wat almal Afrikaans “praat”. Die basis produkte is duursaam en sover moontlik, Suid-Afrikaans, die ontwerpe is oorspronklik en die geskrewe woorde (met die uitsonderling van gewilde aanhalings) is Adri sin. Die visie is dat elke produk ‘n behoorlike en tasbare blaadjie sal uitmaak van ‘n ewig-groeiende – tog onkonvensionele – Afrikana digbundel.

Aangesien ons altwee dogtertjies het, kon ons dit net nie help om ook ‘n kleinding reeks te ontwikkel nie, wat is dan nou ouliker as ‘n klein swart nommertjie wat Afrikaans praat aan die kleine lyfies. Kleinding – ‘n Afrikaanse reeks vir klein mensies spog met ‘n reeks kruipertjies met oorspronklike Afrikaanse sê-goed.

Ondersteun gerus die twee Afrikaanse mammas en koop hul #afrikaansegoeters!

 

Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend. Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers 8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX