Afrikana Boer Vorentoe!

So, liefste vriende en Facebook-volgelinge.

As Afrikana ‘n mielieland was, het ek dié week trots gekyk hoe my eerste plantjies hul kop bô die grond uitsteek en soos ‘n groen mat die laaste paar maande se rooigrond begin toewikkel. Ek sou soos my pa, op my knieë gaan staan het, en ‘n paar oomblikke gevat het om die plantjies een-vir-een van nader te bewonder en te geniet,  voor ek trots weer koers gekies het om met ‘n stukkende spilpunt of  ‘n ou trekker  te gaan worstel…

Maar nou-ja, Afrikana is nou nie ‘n mielieland nie en ek nie ‘n boer nie, maar die week voel ek tog die belofte van ‘n goeie “oesjaar” wat vir my knipoog op die horison. En so, nes my pa, verlustig ek my in die eeste uitspruitsels van sukses en deel dit graag met die res van julle. Geniet dus asseblief saam met my Afrikana se eerste “oomblik” in die September uitgawe van Media24 se Baba & Kleuter tydskif.

Mog dit die eerte van baie wees!

Baba en Kleuter 1 (Medium)

Baba en Kleuter 4

Baba en Kleuter 5 Baba en Kleuter 2 (Medium)

Baba en Kleuter 3