Bepalings en Voorwaardes

LEES ASB. DIE VOLGENDE NOUKEURIG DEUR OM SEKER TE MAAK DAT U VERSTAAN HOE ONS DIENS WERK.

 Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend.  Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers  8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX 

 

Verwerking van Bestellings

‘n Bestelling word eers as volledig gesien wanneer ons ‘n bewys van betaling ontvang. Dus kan geen bestelling verpak/gepos/koerier word daarsonder nie. E-pos asb. u bewys van betaling na betalings@afrikana.co.za of faks dit na 086 219 3716 en maak seker dat u bestellings # duidelik aangedui is.

Afrikana sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat pakkies op die regte tye uitgaan maar vertragings is moontlik. Indien ‘n vertraging wel plaasvind sal u dadelik in kennis gestel word.

 

Pakkies per Koerier

Pakkies per koerier gaan 3 maal per week uit – op Maandae, Woensdae en Vrydae.  ‘n Bestelling word eers as volledig gesien wanneer ons ‘n bewys van betaling ontvang het na die betalings@afrikana.co.za adres. Dus moet ‘n bestelling  teen 17:00 (vyf uur) van die vorige  besigheidsdag voltooi wees om op die daaropvolgende Maandag, Woensdag of Vrydag gestuur te word. Enige bestellings wat na 17:00 voltooi is sal oorgeslaan word en eers saam met die volgende besending verwerk word.

Dus sal Vrydae se voltooide bestellings op Maandae uitgaan, Maandae en Dinsdae se voltooide bestellings op Woensdae,  en Woensdae  en Donderdae se voltooide bestellings op Vrydae.

  • Die bogenoemde in nie geldig vir publieke vakansiedae nie. Indien u bestelling so geplaas is dat die dag waarop dit verwerk/gepos/gekoerier moet word ‘n publieke vakansiedag is, sal dit eers op die daaropvolgende werksdag verwerk/gepos/gekoerier kan work – bv. indien u bestelling op ‘n Vrydag of oor ‘n naweek geplaas word en veronderstel is om op die daaropvolgende Maandag verwerk te word, maar daardie Maandag is ‘n publieke vakansiedag, sal u bestelling eers op die Dinsdag verwerk kan word. Of, indien u bestelling op ‘n Donderdag geplaas is, en veronderstel is om op ‘n Vrydag verwerk te word, maar daardie Vrydag is ‘n publieke vakansiedag, sal u bestelling eers op die daaropvolgende Maandag verwerk kan word.

Afrikana sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat die koerier in gebruik ‘n betroubare diens lewer. Maar die koerier tye word slegs as riglyne gegee en Afrikana kan nie verantwoordelik gehou word vir die vertraging van pakkies deur die koerier in gebruik nie.

 

Pakkies per Pos

Pakkies per versekerde pos gaan slegs op Woensdae uit. Die afsnypunt vir Woensdae se besending is Dinsdagmiddag 17:00 (vyf uur). Dit beteken dat ons teen Dinsdag 17:00  u bewys van betaling moet ontvang vir u pakkie om Woensdag gepos te word. Enige bestellings wat na 17:00 op ‘n Dinsdagmiddag geplaas en betaal word sal oorstaan om gepos te word tot die Woensdag van die volgende week.

  • Die bogenoemde in nie geldig vir publieke vakansiedae nie. Indien u bestelling so geplaas is dat die Woensdag waarop dit verwerk/gepos/gekoerier moet word ‘n publieke vakansiedag is, sal dit eers op die daaropvolgende werksdag verwerk/gepos/gekoerier kan work.

• Die poskantoor is ‘n staatsdiens en alhoewel Afrikana alles in ons vermoë sal doen om seker te maak dat pakkies betyds uitgaan, kan ons nie verantwoordelik gehou word vir die vertraging van pakkies a.g.v stakings of enige ander probleme by die poskantoor nie. Alle pakkies word wel verseker en opspoornommers word verskaf.

 

Uitverkoopte Items

Afrikana laat kliënte toe om uitverkoopte items vooruit te bestel en betaal. Neem asb. kennis dat meeste van die produkte op ons webwerf met die hand gemaak word en van reg oor die land af kom. Dus kan die uitverkoopte items 6-8 weke neem om weer in voorraad te wees. Somtyds is dit korter, maar wees asb. gereed om die bogenoemde tydperk te wag.

• Omdat hierdie uitverkoopte items apart gepos/koerier sal moet word wanneer hulle arriveer, vra ons dat kliënte nie uitverkoopte items saam met hulle ander aankopies betaal nie, maar eerder hulle ander inkopies afhandel en betaal en dan terugkeer en ‘n aparte bestelling plaas vir die uitverkoopte item.

 

Teruggee van Items

• Kliënte wat ongelukkig is met die gehalte van ‘n produk het 30 dae om dit terug te pos op eie onkoste. As die produk onbeskadig/ongebruik by ons aankom, sal ons u vergoed daarvoor. Laat ons asb. per epos weet van u klagte voor u die produk pos by admin@afrikana.co.za (Noem asb. u bestellings # in die titel van die epos saam met die woord “klagte”).

 

Spesiale Items

• “Daaglikse Brood” Eikehout Snybord
Indien u die “Daaglikse Brood” Eikehout Snybord tot u inkopielys voeg, word u sterk aangeraai om die koerier-opsie eerder as die pos-opsie te kies aangesien die borde kan breek/beskadig in die pos en ons geen verantwoordelikheid aanvaar indien dit sou gebeur nie. As u ‘n groot bestelling plaas en geld wil spaar deur nie die hele pakkie te koerier nie, doen twee aparte bestellings waar u die broodbord alleen bestel en die koerier opsie kies. Indien u net een of twee klein goedjies saam met die broodbord koop, behoort dit nie die koerier-koste drasties te beinvloed nie.

 

Bankbesonderhede:

Na dat u ‘n bestelling geplaas het, sal u ‘n epos ontvang met die faktuur en ons bankbesonderhede.

Maak u betaling direk in ons bankrekening binne 24 uur en e-pos u bewys van betaling aan betalings@afrikana.co.za of faks dit na 086 219 3716.

Gebruik asseblief u Bestellings No. as die verwysing vir die betaling. Kies die e-pos opsie (op u bank se webwerf) om die begunstige in kennis te stel van die betaling en gebruik die volgende e-pos adres:betalings@afrikana.co.za om ons in kennis te stel. Die bank behoort dan direk aan ons ‘n e-pos te stuur. Alternatief kan u ook die bewys van betaling “save” en as ‘n aanhegsel in ‘n e-pos stuur aan betalings@afrikana.co.za. Gebruik asb. u Bestellings No. as die e-pos se opskrif.)

U kan ook u bewys van betaling print en aan ons faks by086 219 3716. Skryf asb. u Bestellings No. duidelik sigbaar bo-aan die bewys wat u faks.

Na 24 uur sal die bestelling gekanseleer word en die voorraad weer beskikbaar gestel word aan ander kopers.

Ons Besonderhede

  • REKENING NAAM:Afrikana
  • REKENING NOMMER:62397767800
  • TAKKODE:200912
  • BANK NAAM:First National Bank – Somerset Mall

Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend. Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers 8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX