BLOG

‘n Somerkersfees saam met Afrikana

Geskryf deur op Donderdag, Desember 24, 2015 in Blog | 0 opmerkings

‘n Somerkersfees saam met Afrikana

Baie dankie vir elke stukkie Afrikaanse Dekor, servette, lopers, plekmatjies, kussings en meter lint wat ons getroue ondersteuners van Afrikaans die jaar by Afrikana gekoop het. Dit was ‘n goeie jaar vir Afrikana ons het hope nuwe kliente en verskaffers bygekry. Ons het ook die nuwe “Kleinding” reeks geloots. Ons wens elke verskaffer en klient van Afrikana ‘n ware Christusfees toe, geniet die tyd saam met familie en vriende en ons hoop ons sien julle sommer vroeg in 2016. Groete Afrikana Adri &...

lees meer

Kersuitverkoping 2014!

Geskryf deur op Vrydag, Desember 12, 2014 in Blog | 0 opmerkings

Kersuitverkoping 2014!

Dis alweer Kerstyd en wat ‘n jaar! Dankie aan al die getroue klante wat ons aanhou ondersteun het ten spyte van die onsekerheid oor Afrikana se toekoms, en dankie aan al die nuwe klante wat ons Facebook-maats se  nommers tot oor die 10 000 laat rol het! Die goeie nuus van ons kant af is dat Afrikana gaan oop bly! Ons het baie gewik en geweeg, maar het wel besluit om die kans te vat. Met die 2015-uitdaging om nuwe lewe in Afrikana te blaas het ons dus besluit om plek te maak vir nuwe voorraad en ‘n paar goedjies op uitverkoping...

lees meer

‘n Nuwe Lint Ontwerp vir Troues + Uitverkoping!

Geskryf deur op Donderdag, Januarie 9, 2014 in Blog | 0 opmerkings

‘n Nuwe Lint Ontwerp vir Troues + Uitverkoping!

  Die nuwe jaar is hier! En om dinge af te skop het Afrikana ‘n spinternuwe lint om bekend te stel: “Trou is nie Perdekoop nie”. Teen 2,5cm wyd is hierdie ene dalk bietjie meer prakties as ons vorige outjies en helfte goedkoper. Gemaak spesiaal vir Afrikaanse bruide en bruiloffeeste, baljaar ou Suid-Afrikaanse gesegdes oor trou soos “die knoop is gelê”, “nes skop” en my persoonlike gunsteling “trou is nie perdekoop nie” op hierdie lint saam met keurig en paslike prentjies. ‘n Goeie idee vir dekor...

lees meer

Idees vir Kersgeskenke

Geskryf deur op Dinsdag, Desember 10, 2013 in Blog | 0 opmerkings

Idees vir Kersgeskenke

  Jy dog dis nog November en ewe skielik is dit SKUINS VOOR KERSFEES! Die sneeu val nou nie juis nie, nee, maar die liggies en kersliedere oor takbokke, sneeumanne en Kersfeesvader het wel hul intrek geneem. Orals begin winkelrye net langer en langer raak en soos die koopkoors behoorlik oorneem raak die winkelsentrums ‘n plek om liefs te vermy. Maar hoe nou gemaak as jy weereens hierdie jaar jou kersinkopies te laat gelos het? Wel, gelukkig is Afrikana die jaar oop tot Maandag 23 Desember, wanneer ons ‘n dapper poging gaan...

lees meer

Bak en Brou met Afrikana!

Geskryf deur op Dinsdag, Oktober 8, 2013 in Blog | 0 opmerkings

Bak en Brou met Afrikana!

Hiedie maand is ons weer in Media 24 se Baba en Kleuter Tydskrif – hierdie keer met ons  “Otjie-Potjie” en die “Kaas-Kenner” Eikehout Stel. Of, soos Baba en Kleuter dit noem, die muis- en varkkookplate.     Te koop teen R45o vir die stel by http://afrikana.co.za/winkel/afrikana-seotjie-potjie-en-die-kaas-kenner-eikehout-stel/...

lees meer

Moo-se opgewonde oor ons nuwe skinkbord!

Geskryf deur op Vrydag, Oktober 4, 2013 in Blog | 0 opmerkings

Moo-se opgewonde oor ons nuwe skinkbord!

Almal weet ‘n mens moet nou nie ou koeie uit die sloot uit grawe nie, maar party dinge moet net eenvouding onthou word en een van daardie dinge is die smaak van ‘n heerlike warm koppie moerkoffie op ‘n koue wintersoggend – net soos ouma hom gemaak het. Dit is met hierdie eg Suid-Afrikaanse herindering wat ons nuwe skinkbord speel op so  ‘n moderne en oulike  manier dat jou kinders hom tien-teen-een nog by jou gaan afvry. Die fraai koei motief wat nou so hoog in die mode is, is in die pragtig-afgewerkte eikehout oppervlak...

lees meer

Afrikana Boer Vorentoe!

Geskryf deur op Dinsdag, Augustus 27, 2013 in Blog | 0 opmerkings

Afrikana Boer Vorentoe!

So, liefste vriende en Facebook-volgelinge. As Afrikana ‘n mielieland was, het ek dié week trots gekyk hoe my eerste plantjies hul kop bô die grond uitsteek en soos ‘n groen mat die laaste paar maande se rooigrond begin toewikkel. Ek sou soos my pa, op my knieë gaan staan het, en ‘n paar oomblikke gevat het om die plantjies een-vir-een van nader te bewonder en te geniet,  voor ek trots weer koers gekies het om met ‘n stukkende spilpunt of  ‘n ou trekker  te gaan worstel… Maar nou-ja, Afrikana is nou nie...

lees meer

“Like” Ons Facebook-Bladsy en Wen!

Geskryf deur op Dinsdag, Julie 23, 2013 in Blog | 0 opmerkings

“Like” Ons Facebook-Bladsy en Wen!

In ‘n poging om bietjie meer aktiwiteit op ons kraakvars nuwe Faceboek-blad te kry  gaan ons aan die einde van Augustus een van Afrikana se Bamboes Woordeboek Snyborde weggee. Al wat jy hoef te doen om ‘n kans te staan om hierdie oulike en oorspronklike item ter waarde van R195  te wen is om ons Facebook-bladsy te “like”. Dit is so maklik soos dit! So komaan, waarvoor wag...

lees meer

Afrikana is U-I-T-eindelik klaar!

Geskryf deur op Dinsdag, Julie 16, 2013 in Blog | 0 opmerkings

Afrikana is U-I-T-eindelik klaar!

So Dames (en Here – dié van julle wat genoeg sin en styl het om belang te stel…. en ja,  dit sluit jou verseker in, my boetie) Afrikana is uiteindelik oop! In my verbeelding hoor ek die klanke van juiging en feesvieringe. Ek sien in my geestesoog die welverdiende rus wat manifesteer as laatslaap en boeklees, koffie-in-die-bed en sommer net ‘n alles-omvattende gevoel van oorwinningsvreugde en saligheid wat my rooiwarm broei  terwyl ek net mooi niks doen nie…. Ag oukei. Miskien Vrydagoggend. Dit is immers my verjaarsdag,...

lees meer

Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend. Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers 8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX