Idees vir Kersgeskenke

 

Jy dog dis nog November en ewe skielik is dit SKUINS VOOR KERSFEES! Die sneeu val nou nie juis nie, nee, maar die liggies en kersliedere oor takbokke, sneeumanne en Kersfeesvader het wel hul intrek geneem. Orals begin winkelrye net langer en langer raak en soos die koopkoors behoorlik oorneem raak die winkelsentrums ‘n plek om liefs te vermy.

Maar hoe nou gemaak as jy weereens hierdie jaar jou kersinkopies te laat gelos het?

Wel, gelukkig is Afrikana die jaar oop tot Maandag 23 Desember, wanneer ons ‘n dapper poging gaan aanwend om ons traagste klante se laaste Kersfees pakkies nog betyd by hulle te kry.

Met dit in gedagte, het ons besluit om daardie klante vroegtyding ‘n paar idees te gee om die proses so bietjie aan te moedig. Hier is dus on gunsteling 6 kopies:

1. Tafelmaniere Servette vir die Persoon wat Hou van Mooi Tafeldek  ( R280 vir Stel van 12)

Afrikana - servette met Afrikaans op

Ons gunsteling present hierdie Kersfees is ons splinternuwe “Tafelmaniere” servette. ‘n Totaal van 24 verskillende “tafelreëls” versier hierdie outjies en hulle word gedeel in twee stelle van twaalf, naamlik  Tafelmaniere 1 en Tafelmaniere 2. Met reëls soos “Moenie jou groente onder die tafel vir die honde voer nie” en “sit terug die silwer – dit was my ouma sin”, sal hierdie servette sorg vir beide die opkikkering van gesprekke en die verfyning van maniere aan enige etenstafel.

2. Hout Sny- en Broodborde vir Enige Iemand (R195 – R650)

  Afrikana - houtborde met Afrikaans op

‘n Naaswenner hierdie jaar en iets wat jy werklik vir enige iemand kan gee is een van ons hout sny- of broodborde. Met die uitsondering van die “Woordeboek” Broodbord, wat van bamboes gemaak is, is al ons snyborde van geharde eikehout.  Pragtig versier met Afrikaanse sê-goed wat in die hout ingebrand is, maak een van hierdie houtborde nie net ‘n veelsydige geskenk nie, maar ook een wat gekoester en bewaar kan word vir jare en jare. Die mees gewildste van hierdie is natuurlik Afrikana se “Daaglikse Brood” Snybord wat van ‘n wynvaatjie se deksel gemaak is en die woorde “Gee ons vandag ons daaglikse brood” op het.

3. “Moo-koffie” Skinkbord vir Iemand met ‘n Sin van Humor ( R550)

Afrikana - skinkbord met Afrikaans op

In dieselde kategorie as die hout snyborde, kan iemand wat bietjie meer geld wil spandeer hierdie Kersfees ‘n geliefde bederf met een van ons “Moo-koffie” Skinkborde. Gemaak van herwinde eikehout met die stoute woorde en oulike koeitjie in die hout in gebrand, is hierdie skinkbord werklik ‘n besonderse geskenk vir enige iemand met ‘n sin van humor.

4. Kombuisgoeters vir jou Vriendin (R85, R95, R180) 

 Afrikana - dekor met Afrikaans op

Vir die van julle wat sommer net iets kleins vir iemands spesiaals wil gee , bied ons ook goedkoper opsies soos die Freda Schoeman Vatlappies (R85) met gedigte op, die “Lekker Eet” Houtlepels met die woorde “Proe”, “Smul’ en “Eet” daarop  ingebrand (R95) en Handgemaakte Voorskote van die gewilde Afrikaanse lap (R180). Iemand wat hou van geskenkpakkies maak, kan ook al drie saam sit in ‘n oulike “kombuis” pakkie vir R360.

 5. Seil Sakke vir Pa se Saam-gooi Persente (R115-R160)

 Afrikana - sakke met Afrikaans op

So gepraat van geskenkpakkies opmaak – kyk net na hierdie oulike sakke. Sterk en mooi genoeg om as persente alleen te staan, dien hierdie sakke ook as die ideale houers vir daardie “saam-gooi” persente wat ons Suid-Afrikaners so lief is om vir Pa’s en Oupa’s te gee. Veral die Biltong Sak is in hierdie opsig nie ‘n slegte idee nie, want mens hoef nie te vêr te dink oor wat om in te sit nie. Plus Pa kan hom bêre en weer-en-weer gebruik vir daardie skelm naweek biltong-kopies.

6. Handige Kratte vir die Morsjors (R220-300)

Afrikana - kratte met Afrikaans op

Op dieselfde noot as die sakke kan ons dan ook hierdie dekoratiewe kratte beklemtoon. Of jy nou ‘n pakkie maak vir jou gunsteling kleinding of jou moeilik-om-voor-te-koop manlief, is hierdie kratte altyd ‘n oulike idee. Gee hulle op hulle eie of sit ietsie in hulle – al is dit net ‘n handgeskrewe wenk van hoe om orde te skep. Hulle omskep enige onooglike gemors sommer in ‘n japtrap in ‘n mooi hoekie en siedaar! gee jy sommer aan jouself ook ‘n geskenk 😉

Lekker koop en Geseënde Kersfees aan almal!

 

 

Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend. Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers 8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX