Kersuitverkoping 2014!

Dis alweer Kerstyd en wat ‘n jaar! Dankie aan al die getroue klante wat ons aanhou ondersteun het ten spyte van die onsekerheid oor Afrikana se toekoms, en dankie aan al die nuwe klante wat ons Facebook-maats se  nommers tot oor die 10 000 laat rol het!

Die goeie nuus van ons kant af is dat Afrikana gaan oop bly! Ons het baie gewik en geweeg, maar het wel besluit om die kans te vat. Met die 2015-uitdaging om nuwe lewe in Afrikana te blaas het ons dus besluit om plek te maak vir nuwe voorraad en ‘n paar goedjies op uitverkoping gesit! Ons oulike “Otjie-Potjie en die Kaas-Kenner” Eikehout Stel (soos hieronder sigbaar) is byvoorbeeld 50% afgemerk! Wat ‘n oorspronklike present vir iemand wat daarvan hou om te onthaal met vleis- en kaashappies. Die uitverkoping hou tot 31 Januarie 2015 – besoek gerus ons uitverkopingsbladsy om te sien wat nog afgemerk is.

Geseënde Kersfees!

 

 

Vark en Muis kookplate