Moo-se opgewonde oor ons nuwe skinkbord!

Almal weet ‘n mens moet nou nie ou koeie uit die sloot uit grawe nie, maar party dinge moet net eenvouding onthou word en een van daardie dinge is die smaak van ‘n heerlike warm koppie moerkoffie op ‘n koue wintersoggend – net soos ouma hom gemaak het.

Dit is met hierdie eg Suid-Afrikaanse herindering wat ons nuwe skinkbord speel op so  ‘n moderne en oulike  manier dat jou kinders hom tien-teen-een nog by jou gaan afvry. Die fraai koei motief wat nou so hoog in die mode is, is in die pragtig-afgewerkte eikehout oppervlak ingebrand met die speelse woorde “Moo(r) -koffie” langsaan.  Mens kan nie help om te lag as jy dit sien nie. Dit is iets werkliks uniek en duursaam wat sommer baie jare lank bewaar kan word.

Beskikbaar teen R550 by http://afrikana.co.za/winkel/afrikana-se-moo-koffie-eikehout-skinkbord/

Afrikana - Houtborde met Afrikaanse op