‘n Nuwe Lint Ontwerp vir Troues + Uitverkoping!

 

Die nuwe jaar is hier! En om dinge af te skop het Afrikana ‘n spinternuwe lint om bekend te stel: “Trou is nie Perdekoop nie”. Teen 2,5cm wyd is hierdie ene dalk bietjie meer prakties as ons vorige outjies en helfte goedkoper.

Gemaak spesiaal vir Afrikaanse bruide en bruiloffeeste, baljaar ou Suid-Afrikaanse gesegdes oor trou soos “die knoop is gelê”, “nes skop” en my persoonlike gunsteling “trou is nie perdekoop nie” op hierdie lint saam met keurig en paslike prentjies. ‘n Goeie idee vir dekor op bruiloftafels of die ideale manier om ‘n ruiker op te kikker, is hierdie lint ietsie anders as die gewone. Dit kan selfs net aangekoop word deur entoesiastiese pakkie-opmakers om in die kas te hou vir die volgende trougeskenk wat se verpakking bietjie Afrikaanse OEMF kort! www.afrikana.co.za - lint met afrikaanse woorde op

Dan, saam met die bekendstelling van die nuwe lint, gaan ons drie ou ontwerpe van 5.5cm wyd ook nou op uitverkoping teen amper halfprys. Besoek gerus ons Lint Afdeling by  http://afrikana.co.za/product-category/linne-leefstyl/lint/ om te kyk na na “Boer maak ‘n plan“, “Opsitkers” en “Plaasjapie” sowel as ons nuwe ontwerp.

www.afrikana.co.za - lint met afrikaanse woorde opwww.afrikana.co.za - lint met afrikaanse woorde opwww.afrikana.co.za - lint met afrikaanse woorde op

Laaste bestellings vir 2017 sal tot 5 Desember aanvaar word. Laaste pakkies word 11 Desember 2017 versend. Na die 11de Desember sal bestellings geplaas kan word maar sal eers 8 Januarie 2018 verwerk word. Dankie XXX